| Modulekode | PGW 350 |
| Kwalifikasie | Voorgraads |
| Fakulteit | Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe |
| Module-inhoud | Kwantitatiewe beskrywing en meting van grondwaterinhoud en -potensiaal, asook versadigde en onversadigde hidrouliese geleivermoë. Modellering van watervloei in grond. (Darcy se wet, Richards se vergelyking). Infiltrasie, herdistribusie, verdamping, afloop en perkolasie. Besproeiing in Suid-Afrika. Modellering en bestuur van die grondwaterbalans. Plantwateropname en die grond-plant-atmosfeerkontinuum. Besproeiingskedulering (grond-, plant- en atmosfeerbenadering). Bestuur van swak gehalte water. Besproeiingstelsels. Die module sluit 'n veldbesoek aan 'n besproeiingskema in. |
| Modulekrediete | 14.00 |
| Programme | |
| Voorvereistes | GKD 250 |
| Kontaktyd | Prakties tweeweekliks, 2 lesings per week |
| Onderrigtaal | Aparte klasse vir Engels en Afrikaans |
| Akademiese organisasie | Plant- en Grondwetenskappe |
| Aanbiedingstydperk | Semester 1 |
Copyright © University of Pretoria 2025. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App